| Temba Tuis | Navrae    
Temba

Kalahari Arms Hotel - Ghanzi

Die keuse vir besigheidsmense en diegene wat ‘n tikkie luuksheid verkies.

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Kalahari Arms - Algemeen

hanzi het ‘n oorvloed van ondergrondse water (te wyte aan die kalksteenrif waarop die dorp geleë is). Die tuine van die Kalahari Arms Hotel is dus iets om te aanskou.

Ghanzi staan bekend as die “hoofstad van die Kalahari” en het in 1870 as ‘n klein jag- en handelspos ontstaan. Die naam “Ghanzi” is te danke aan die Naro-woord wat die goeie toestand waarin die boksoorte wat in hierdie deel van Botswana aangetref word, beskryf. Die Kalahari Arms Hotel was een van die eerste besighede wat in Ghanzi begin is.

Die Ligging

Cnr Vize and Jankie St, Ghanzi, Botswana.

 

Akkommodasie

Die Kalahari Arms Hotel in Ghanzi op die Trans-Kalahari Roete na Maun, Botswana, bied akkommodasie wat elke begroting pas. Dit is die ideale bed-en-ontbyt oornagpunt vir reisigers oppad na Namibië of die Okavango Delta. Gaste by die vriendelike Kalahari Arms Hotel gaan tuis in en-suite chalets met DSTV, lugverkoeling en tee/koffie-stasies, of jy kan jou tent op een van die kampplekke opslaan.

 

 

Aktiwiteite

Die Kalahari Arms Hotel is goed toegerus om ‘n moeë reisiger gou te laat lewe kry. Jy kan in die heerlike sonskyn van Botswana ontspan, of in die lapa ontspan met ‘n verfrissende drankie in jou hand. Raak ontslae van die ekstra vakansie-kilogramme deur ‘n paar lengtes te swem, terwyl die kinders van al hul oortollige energie kan ontslae raak op die speelgrond.

 

 

Temba